Ponta Do Ouro Trip

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Ponta Do Ouro – Mozambique Edgeventure

Hallo almal!

Dit is weer tyd vir ‘n heerlike “Edgeventure” dink jul nie? 😉

Ons beplan moontlik om vir ‘n 4de keer Ponta toe te gaan.   21 – 29 September 2019

Ponta Do Ouro is ‘n dorpie aan die Suide kant van Maputo, Mozambique, net om die draai van Suid-Afrika se grens by Kosi Bay.  Ponta is bekend vir sy strande, dolfyne en ander pragtige seelewe, asemrowende duike, snorkel en diep-see visvang.  En dan natuurlike ook heerlike pizza’s, seekos en Ponta se bekende chili sous, R&R (Rum & Raspberry) & local beers!

Ons geniet ook altyd die lekker speel in die seesand paaie met die motorfietse, 4×4’s ens. so maak seker dat al die “speelgoed” kan saam gaan 😊

Dis baie “laid back” en meestal self-help, maar die restaurant by die Ponta Beach Camps maak lekker kos, jy moet net nie te hastig wees nie.  Als is loop afstand van ons af of net ‘n entjie se ry.  Die plaaslike markie verkoop baie kunsies (souvenirs), klere, vars brode (pau), vrugte, groente ens.  Daar is geen “mall” nie.  Daar is wel ‘n paar winkeltjies, restaurante, apteek, bank en so. 

Op die strand loop ook heeldag “hawkers” met cashew neute, armbandjies en ander kunsies van hout en leer, sonbrille ens.

Probeer gerus bietjie long board ry, hul is te huur by die Beach Bar se surf shop.  Of geniet net die lekker swem in die rustige branders en lê in die son, lees ‘n boek en geniet net die ontspanning.

Ponta Malongane is ook ‘n prettige sand rit entjie aan met baie “beach bars” en lekker restaurante along the way.  Waarvan daar ‘n hele paar “must see” stoppies is 😉  4×4 is maar nodig om hierdie padjies te ry.  Die hoofpaaie is darm nou geteer ook, so karre kan daar ry.

Daar is nie oral baie goeie opvangs nie so vergeet maar, en breek gerus weg van jou foon, internet, ens af.  Die locals praat Portuguese en Engels.  ‘n Paar Ponta honde kan jou dalk ook kom “company” hou op die strand.

Ons gaan ‘n diepsee visvang ook hierdie keer inwerk vir diegene wat ‘n lyn wil ingooi saam met ons.  Die kostes beloop so by +-R850 per persoon vir ‘n charter van 6 persone.  Ons sal nog als laat weet oor die visvang lisensies ens ook.

Dié wat nie die scuba duik kursus (Open Water Course +- R4000 per person) voltooi het en wil / kan duik nie kan gerus saam met ons op die Ocean Safari uitgaan vir snorkel oor die koraal riwwe.  Dalk kom speel die dolfyne saam met ons.  Dit is ook ‘n ekstra R350 per persoon en R50 vir die Marine Reed Tax (beskermde area).  Die duikers betaal R100 Marine Reef Tax.  Maar ons gaan net daar in die baai voor Ponta Beach Camps ook snorkel en by Malongane, free of charge.

Die Dolphin Centre is ook net buite die Beach Camps se hekke as jul saam met hul wil uitgaan vir ‘n Ocean Safari (dolphin encounters & whale watching).

Ponta Beach Camps (waar ons gaan bly) is ook baie eenvoudig.  Groot oop kampterrein met ablution blocks.  Die private camping site is langs die restaurant met eie ablution.  Dit en die diver tents en reed baraccas is die goedkoper verblyf, maar orals (behalwe kamp natuurlik) is beddens, matrasse, beddegoed, lampie ens in.  Hulle het ook ablution en n communal kitchen met klomp yskaste vir die gaste om te huur.  En ‘n bietjie kombuisware.   Dan is die kantoor, baie klein winkeltjie, restaurant, private camp site en dive charters redelik sentraal.  Die Standard Units (ablution) en Beach View En-Suite units (eie badkamers) is dan voor die strand met nog ‘n communal kitchen (yskaste, gasplate, ketel, paar utensils en pot of 2) & braai area. 

Amper als daar is op die see sand, grasperke en nette, en verder stap jy strand op 😉 om te “explore”.  Dit gaan grootliks oor die duike, so daar is heeltyd trekkers wat op en af beweeg met duik groepe en hul gear, en hul begin al vroeg soggens, so wees maar gereed om dae vroeg te begin, as jy nie reeds met son-op self wakker geword het nie.  Daar is ook vele ander dive charters om ons en deur Ponta wat great geleentheid bied om nuwe mense van all over te ontmoet.

Quad bikes kan ook gehuur word om te gaan “booze cruise” van Ponta Do Ouro tot Ponta Malongane en terug. 😊   Dan beplan ons om ‘n dag trip te doen Maputo toe ook om die hoofstad te gaan verken.

So as you can see is daar baie om mee besig gehou te word, dit kos nou wel ‘n ekstra geldjie vir die ekstra aktiwiteite, maar net om daar te wees is ‘n ander belewenis en ‘n heerlike wegbreek van alledaagse verpligtinge en bekommernisse.

‘n Volledige kwotasie van als kan uitgewerk word sodra ons al die getalle, verblyf versoeke, duike ens het.  So kom maar asb so gou moontlik na my toe terug met jul versoeke en voorkeure.  Daarna sal ons ook ‘n program (itinerary) uitwerk van wat ons vir wanneer beplan, maar niemand is onder geen verpligting om als saam te doen nie.  Elkeen kan inpas by dit waarvoor hul voel. 😉

Jul is welkom om van ander verblyf ens ook gebruik te maak.  Ons hou by Ponta Beach Camps. 

Kry solank jul passports (vir 6mnde voor verval datum nog geldig) en die kinders se unabridged certificates gereed vir oor die grens gaan (geen visas nodig).  En dit is malaria area so besluit ook vooraf of jul wil malaria medikasie neem of nie.  Die lyste van benodighede ens sal ons vooraf als vir jul laat kry.  

Hier kom nog baie beplanning saam 😉 

Ons sien uit om van jul te hoor!

Edgeventure Club Groete!

Gaan loer gerus ook na:

https://youtu.be/BTMxJDoxVvI

http://pontabeachcamps.co.za/

http://www.scubaadventures.co.za/

https://www.pontadoouro.co.za/

http://www.thedolphincentre.com/

Kind regards / Vriendelike groete,

 

Charles & Tanya Deetlefs

The Edge Health & Adventure Club

26B Hertzog Street

PO Box 2213

HARTSWATER

8570

Contact:  083 763 9661 / 053 474 0077

theedgehealth@gmail.com  /  www.edgegym.co.za 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

The Edge Health and Adventure Club